Community

Vleissentraal se vetvee veiling

Vleissentraal se vetvee veiling

Northam – Vleissentraal het op Woensdag, 20 September, ‘n reuse vetvee veiling aangebied te Northam.

Meer as 800 vetvee was ingeskryf op díe dag en boere het al vroegdag, voor die son water getrek het, hul opwagting gemaak by die Northam Boerevereniging.

Na afloop van die veiling was die sertifikate en trofees uitgedeel. ‘n Hartlike geluk aan Erich Herholdt met sy pryse wat insluit: eerste prys in die groep van 4-gewissel 579kg, eerste prys in die enkel bees – gewissel 579kg, eerste prys in die swaarste slagbees (os, bul, koei) van 1055kg, groep van 4, ongewissel 493 kg, en die enkel bees gewissel 493kg.  Snowy River Ranches (Krystle Herholdt) het gewen met die swaarste slag koei van 830kg. 

Vleissentraal bedank ook hulle borge vir die dag: Obaro, Buildit Northam, Wesvoere en Boernor. Prof Erasmus  van Boernor wil ook graag van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê aan Allan St. Clair (afslaer) wat kom help het hierdie dag.

Vleissentraal sê dankie aan die borge en wens die wenners geluk. Van links: Josef van Wyk, Vleissentraal; Prof Erasmus, Boernor; Daniel Gildenhuys, Obaro; Darrel van Lente, plaasvoorman van Mnr en Mev. Herholdt; Krystle  Herholdt, Snowy River Ranches en wenner; Erich Herholdt, wenner van verskeie pryse; Jaques du Plessis, Wesvoere; Allan St Clair, afslaer by Vleissentraal; Chris Carter, afslaer by  Vleissentraal; Henry Kotze, Vleissentraal; Alezea Coertze, Buildit; en Ralf Coertze, Buildit.
Meer as 800 vetvee was ingeskryf op díe dag.

 

More local news