Broers van Neos presteer by SA Luggeweer skyfskiet Kampioenskappe

Thabazimbi – Janssen en Botha du Plessis het die Limpopo provinsie verteenwoordig by die SANSSU kampioenskappe te Newcastle vanaf 1-5 Oktober.
Die Du Plessis broers is leerlinge aan die Neos Christelike Skool te Thabazimbi
Beide díe jong manne het aan die o/14 sporter afdeling deelgeneem. Jonger broer Jansen het ‘n goeie gemiddeld behaal. Ouboet Botha het puik presteer as die enigste skut van Limpopo wie medaljes ontvang het.
Hy het ‘n silwer medalje ontvang vir derde plek in die lê, kniel en staan kategorie, ‘n brons medalje vir sy algehele punte saamgesnoer, en is ook aangewys in derde posisie vir die o/14 SA Luggeweer skyfskiet kategorie.
Neos wil graag van die geleentheid gebruik maak om al die borge te bedank vir hul ondersteuning regdeur die jaar. Aan Christus al die eer!
