‘n Dag langs die dam

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het die naweek van 31 Augustus hul maandelikse kompetisie by die Northam Konsentrator gehad.
Ondanks die uiters koue weer is sakke vol vis ingeweeg. ‘n Paar groottes is ook geland en was die naweek uiters suksesvol gewees.
Om almal ‘n regverdige kans te gee, is daar besluit om die medaljes toe te ken aan die hengelaars wat die grootste spesies gehengel het. Medaljes is as volg toegeken: goud vir kurpers, silwer vir karpe, en brons vir barbers.
Hiermee die wenners:
AFDELING KURPERS
Cubs Henlo Maritz
Penkoppe Ewald Botha
Dogters Rochelle Maritz
Junior PJ Bezuidenhout
Dames Annalize Viljoen
Meesters Jan Botha
Seniors Piet Bezuidenhout
KARPE BARBERS
Dolfie du Plessis Joe Kloppers (Jnr)
MJ Klopper MJ Klopper
Jana Bezuidenhout Dalize Botha
Tommy Swanepoel Tommy Swanepoel
Alicia du Plessis Annalize Viljoen
Jan Louw Koos Viljoen
Nico Botha Nico Botha
Die volgende kompetisie sal plaasvind op Sondag 22 September. Vir meer inligting skakel klub voorsitter Tommy Swanepoel by 084 532 9908.
