Schools & sport

Allemintige revue-groep 

13 September 2019 · Platinum Bushvelder

Allemintige revue-groep 

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi se revue-groep, wat bestaan uit 41 leerders, het op 17 Augustus vir die eerste keer deelgeneem aan die Bosveld Interlaer in Warmbad en wen die kompetisie met ‘n A++ simbool. 


Die tema is vir Laerskool Thabazimbi se 2019 revue was The good, the bad and the conqueror.  
Op 23 en 24 Augustus tydens die Eisteddfod, tree hulle op voor verskillende beoordelaars en ontvang vir elke vertoning ‘n A++. 


Hulle het ook op 6 September deelgeneem aan KykNet se revue kompetisie by Carnival City, maar het ongelukkig nie deurgedring na die finale rondte nie. 

Laerskool Thabazimbi se revue-groep wen die Bosveld Interlaer.
Die revue groep in aksie by Carnival City.