VLU Strewe byeen

Makoppa – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Strewe-tak het by plaas Staankraal te Makoppa byeen gekom op Dinsdag, 10 Oktober by Ilna Schutte.
Die oggend was gevul met kreatiwiteit met Daleen van der Merwe en Gerda Kotze wat die groep vrouens van appliek, masjien en met die hand, wysgemaak het.
Die volgende vergadering vind plaas op Dinsdag, 14 November te Sentrum.
