VLU Northam fokus op borskanker

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) se Northam-tak het hul Oktober vergadering in die Metodiste kerksaal se Swartklip gehou.
Oktober is borskanker maand en só het Noreen Greyling die groep vrouens toegespreek oor die belangrikheid om gereeld self ondersoeke te doen.
Ná die interessante en leersame praatjie, het die groep vrouens van die decoupage tegniek gebruik gemaak om koffieblikke op te fraai waarin tuisgebakte koekies verkoop sal word.
Vir enige bestellings, wat R80 per kilogram beloop, of om deel te word van die dinamiese groep vrouens, kontak Chantell Steynberg, skakelbeampte, gerus by 061-326 2724.
