Laerskool Thabazimbi hokkiespan maak skool trots

Thabazimbi – Die kookwater hokkiespan van Laerskool Thabazimbi het die afgelope naweek die skool se naam hoog gehou tydens die Limpopo uitspele.
Die o/10 hokkiespan het hierdie seisoen in die o/11B liga deelgeneem omdat daar nie ‘n liga vir o/10 spanne was nie. Hulle het Saterdag 14 September in Tzaneen gaan deelneem aan die Limpopo finale en tweede geëindig.
Welgedaan, Laerskool Thabazimbi is trots op julle! Baie dankie aan Maryka Schlebusch en Nicolene du Plessis vir hulle puik afrigting.
