Zonneblom – kuns, landbou en tuinbou

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak het op Dinsdag 10 September hul maandvergadering gehou.
Die gasvrou vir die dag was tesourier Magda Meyer en die tema vir die dag was landbou en tuinbou. Magda het die lede meer vertel oor tuinbou en landbou en ook ‘n interessante kunsprojek aan hul gelewer.
Die groep vrouens het stukkies ou plate gesny en op ‘n gedrukte prent geplak om ‘n drie-dimensionele effek te skep.
Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus vir skakelbeampte Thereasa Tolmay by 072 544 5168.
