NG Kerk Lentetee – liefde, vreugde en omgee!

Thabazimbi – Die NG Gemeente, Aliza-Aviela bediening, se 2017 Lentetee op 27 September was ‘n reuse sukses!
Die gaste het hulself terdeë geniet en daar was ook ‘n paar verjaarsdae ter viere nl. Carol Retief en oom Hannes Fourie.
Albei die predikante het saam kom jool. Ds JZ het almal verwelkom en die gelukwense gedoen terwyl Chris Bergsma na die verrigtinge die bedankings behartig het. Dit was ‘n uitreik van liefde, vreugde en omgee soos die bediening se naam ‘Aliza- Aviela’, ‘Vreugdevol, want God is my Vader’ beteken.
‘n Groot dank aan Ina Cloete, Theresa Pretorius, Kobie Coetzee, Annelise Kotze, Ronel Joubert, Thea Badenhorst, Ronel Greeff, Yvonne van Niekerk, Talana Wessels en Linda van Wyngaard.
