Community

Word deel van die SAVF- familie 

27 September 2019 · Platinum Bushvelder

Word deel van die SAVF- familie 

Thabazimbi – Kom deel jou spesialiteite en tyd, en word deel van die Suid Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Thabazimbi-tak vrywilligersfamilie.


Hulle benodig ‘n spanspeler wat bereid sal wees om ten minste een vergadering per maand by te woon. Die lid moet beskikbaar wees vir noodsituasies, besluitneming en om die amp op die diensbestuur met toewyding te kan volstaan.

Die bestuurslid sal soms ook die diensbestuur moet verteenwoordig by vergaderings. Fondsinsamelings, tweede-handse klere verkoop en stoor en kospakkies opmaak vorm ook deel van ‘n spanspeler verantwoordelikhede. 


Indien jy belangstel, of om die vergadering by te woon, kontak SAVF Thabazimbi by 014 777 1093.