Community

Falken wenners aangekondig

Falken wenners aangekondig

Thabazimbi – Tyremart Thabazimbi het die wenners van hul Falken promosie kompetisie aangewys op Saterdag, 7 Oktober, wat aangebied is vir die maand van September.

Ter viering was daar smullekker boerewors rolle aan getroue klante uitgedeel díe dag.

Franky Ferreira, verteenwoordiger van Falken, het ook ‘n reeks produkte uitgestal en was byderhand om die kliënte met enige navrae by te staan.

Tyremart Thabazimbi bedank al hul getroue klante en al die gemeenskapslede wat vir die kompetisie ingeskryf het en wens ook al die wenners hartlik geluk. Tyremart Thabazimbi is bekend vir hul puik produk en diens – en streef daarna om die beste bande winkel in die dorp te wees.

Vir enige navrae, skakel hulle gerys by 014-777 1833. Die na-ure nommer is: 082-617 7265.

In die tweede plek is Joe Khunou van Nortgam wat ‘n Falken hamper gewen het. Die eerste plek wenner, Giles Nsai, was onbeskikbaar vir ‘n foto weens werksverpligtinge – en hy wen al sy Falken aankope.
In die derde plek is MF Mokhonoana van Setaria wat Falken baadjie gewen het.

 

More local news