Ons kontrei se mooiste nooi

Thabazimbi/ Ellisras – Carre-Lee Armstrong, een van die kontrei se mooiste nooiens, is gekroon as Queen RSA 2017. Armstrong is bloot 19 jaar oud maar het die kroon verower in die 20-24 jaar kategorie.
“Dit was een van my beste dae ooit en ek sal dit beslis nooit vergeet nie,” aldus Armstrong in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder koerant. “Ek is dankbaar teenoor almal wie my in hierdie reis ondersteun het, veral my liefdevolle ouers.”
Armstrong bedank verder ook vir tannie Drieka van Staden, Dajana Rijetkovic en Tarien Cronje van Kyna Consili.
Díe skoonheidskompetisie is aangebied van 4-7 Oktober by die Wawielpark vakansieoord te Potchefstroom, waar Armstrong tans ‘n eerste jaar somatomologie (die studie van die menslike liggaam) student is. Sy studeer by die Tina Schöltz Akademie maar is afkomstig van Ellisras. Armstrong is ook onlangs as mejuffrou Hardekool gekroon in Thabazimbi en het ook die titel van Mejuffrou Thabazimbi in haar sak.
