Frikkies groet ‘n legende

Thabazimbi - Met ‘n seer hart groet ons me Annheleen Human wat vir byna 25 jaar deel was van die Hoërskool Frikkie Meyer familie.
Me Human het in 1994 by die Frikkies begin en verskeie hoofde sien kom en gaan, onder andere mnr Ben van der Linde, mnr Deon Azar, daarna waarnemende hoof mnr WA Erasmus asook ons huidige hoof, mnr Colin Campbell.
Sy staan bekend as die tannie in die kantoor wat die rapporte hanteer het, maar onder die personeel staan sy bekend as die dame met die innemende geaardheid wat altyd professioneel was. Sy was ook vir ‘n geruime tydperk betrokke by die beheerliggaam as sekretaresse.
Die Frikkies wens haar seën en voorspoed toe en hoop dat sy elke oomblik van aftrede sal geniet. Me Human en haar gade vestig hulle dan in Hartebeespoortdam.
