Community

OBARO HELP TAR

11 October 2019 · Platinum Bushvelder

OBARO HELP TAR

Thabazimbi – Daniel Gildenhuys, bestuurder van Obaro Thabazimbi, het alreeds by vanjaar se Thabazimbi Skou begin om geld in te samel vir Thabazimbi Animal Rescue (TAR). 


Obaro het ‘n skyfskietkompetisie en ‘n ‘coolbox’ raai gehou ten bate van TAR. Johnson Wear klere is ook verkoop en die fondse is ook aan TAR oorhandig.  Die ingesamelde bedrag van R2,605 is op Maandag, 7 Oktober aan TAR oorhandig.

TAR voorsitter Annelie Pelser, het in ‘n onderhoud aan Platinum Bushvelder gesê: “Dis mense soos Obaro wat maak dat ons die werk kan doen wat ons doen. Julle gee ons hoop dat ons elke maand vir die diere kan kos gee.”


Obaro het ook 26x 8kg sakke Optimizer hondekos aan TAR geskenk en Optimizer self het 5x 20kg sakke kos geskenk.

Obaro Thabazimbi voorsitter Daniel Gildenhuys (links) en TAR voorsitter Annelie Pelser.