Community

Oktober – ‘n maand vol vermaak by KunsteGrot

11 October 2019 · Platinum Bushvelder

Oktober – ‘n maand vol vermaak by KunsteGrot

Thabazimbi – Die KunsteGrot verhoog beloof hope vermaak hierdie Oktober.


Teater liefhebbers kan uitsien na Jannie Moolman en Blackie Swart met Brandewyn en melktert op 12 Oktober. Bring gerus jou piekniekmandjie saam!

Lollos jou slim ding sal die jongspan vermaak op 17 Oktober en die film Racheltjie de Beer sal vertoon word op 25 en 26 Oktober ten bate van die Ysterberg Voortrekkers. Ondersteun gerus die KunsteGrot se nuwe kiosk.


Vir meer inligting, kontak Rita Volschenk op 083 744 8559.