Schools & sport

RUGGA CHUNKS en so aan...

22 November 2019 · Platinum Bushvelder

RUGGA CHUNKS en so aan...

Manne en manninne, 

  • Een Engelse mannetjie skop toe gaai en bank ‘n skamele R31.2m deur die Nedbank Ope by Sun City te wen... Die SA spelers kon seker nie vir Rassie in die hande kry vir die doepa om ‘n bleekbeen raak te ry nie want ai, hulle speel seker nóú nog en die weer is juis nie lekker nie.
  • Ou Eddie is toe alweer aan die verloorkant. In ‘n opwindende, tipiese barbarian ruggas derby wen die Fidjiane 33-31. Mapimpi druk twee keer en André Esterhuizen speel ook ‘n goeie game en kuier agter die doellyn. Morné Steyn het as plaasvervanger vir Curwin Bosch opgekom en het nog skerp gelyk. Steyn keer terug na SA om weer vir die Bulle uit te draf in 2020.
  • Handré Pollard maak waarskynlik sy buiging vir Montpellier die naweek met sy Bok skakelmaat, Faf, wat vir die Sale Sharks gaan uitdraf. Hulle span is gelaai met SA-spelers soos die drie Du Preez broers, Akker van der Merwe en Coenie Oosthuizen.
  • Die gewese coach Dave Rennie is aangestel as die nuwe hoofafrigter van Australië. 
  • In NZ gons dit nog in die gange wie vir Steve Hansen gaan opvolg. Die huidige assistent van die All Blacks, Ian Forster en Scott Robinson, is nou op die kortlys.
  • Rassie het teen druktyd nog nie die nuwe Bok coach bekend gestel nie.

Rustige naweek ou grote, geniet die grassny...