Gelukkige verjaarsdag Enna!

Thabazimbi – Baie geluk aan Enna Joubert van Bosveldoord wat op Donderdag 21 November haar 90ste verjaarsdag gevier het. Enna bly al vir 19 jaar in die oord en was van die eerste inwoners.
‘n Geseënde lewensjaar, alle voorspoed en gesondheid vir die toekoms word u toegewens!
