Community

Vat my huis toe!

29 November 2019 · Platinum Bushvelder

Vat my huis toe!

Thabazimbi – Die Thabazimbi Animal Rescue (TAR) span het verskeie woefies wat na ‘n tuiste verlang. Om hulle deel van jou gesin te maak kontak TAR op 084 885 6487.

Hope is ‘n boerboel kruising tefie wat een en ‘n half jaar oud is. Sy is perfek vir ‘n liefdevolle huis waar sy die enigste troeteldier is met ouer kinders. 
Mamma is ‘n tweejarige Yorkshire terriër kruising tefie wie se saggeaarde persoonlikheid maak dat sy lief is vir kinders en ander diere.
Vlooi is ‘n tefie van twee jaar oud wat goed oor die weg kom met kinders en ander diere. Sy is baie saggeaard en liefdevol.
Max is ‘n tweejarige Fox terriër reun en De La Rey is ‘n driejarige reun. Albei sal baie goed aanpas met kinders.