Maak reg vir vet vakansiepret!

Thabazimbi – Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Thabazimbi-tak is reg vir die vakansie! Hulle het hul vakansieprogram op Maandag 25 November afgeskop.
Die jongspan kan van 09:00 tot 13:00 daagliks kom deelneem aan die pret. Kostes beloop R30 per dag per kind en sluit ‘n ligte middagete in. Die SAVF sal die program aanbied tot Vrydag, 6 Desember.
Vir meer inligting, skakel die SAVF kantoor by 014 777 1093.
