AfriForum se Thabazimbi -tak HERorganiseer

Thabazimbi – AfriForum se Thabazimbi-tak het op 20 November ‘n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur ook geherorganiseer is. Lede van die gemeenskap kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.
Die volgende persone is tot bestuur verkies: Pieter Lamprecht (voorsitter), Jan Vermaak (ondervoorsitter), Stefan Myburg (tesourier) en Wouter Maree (sekretaris).
David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Limpopo, bedank die gemeenskap vir hulle insette tydens die herorganisering, sowel as die bestuurslede vir hulle bereidwilligheid. “Die gevoel oor die nuutverkose bestuur is baie positief en ek glo dat die tak oor die nodige leierskap beskik om na die gemeenskap se belange om te sien,” sê Rule.
SMS “Thabazimbi” na 45351 (R1) om by AfriForum aan te sluit.
AfriForum mediaverklaring, 25 November
