Schools & sport

RUGGA CHUNKS en so aan...

6 December 2019 · Platinum Bushvelder

RUGGA CHUNKS
en so aan...

Manne en manninne, 

  • Cobus Reinach het hom aangesluit by Montpellier.
  • Pollard is deur die Bulle aangewys as hulle beste speler van 2019. Hy gaan ‘n groot leemte los op losskakel. 
  • Makazole Mapimpi is as die Haaie se beste speler van 2019 aangewys. Mapimpi het ‘n droomseisoen beleef en was ook een van die sterre vir die Bokke in 2019.
  • Burger Odendaal is die Bulle se cappie vir die Superreeks in 2020 met Trevor Nkanyane as sy assistent.
  • Twee van die wêreld se beste hakers, Rory Best en Schalk Brits, het hulle rugga-lewe afgesluit met die Barbarians se laaste game teen Wallis. In hierdie game het Curwin Bosch geskitter op losskakel en dit is sommer goeie nuus vir die Haaie ou grote.
  • Dan du Preez gaan vroeg in die nuwe jaar bY die Bok-groep aansluit. Die yster is blykbaar Duane Vermeulen se opvolger op agsteman.
  • Beide die Bokke en All Blacks coaches is  nog nie aangewys nie.
  • Daar is met leedwese verneem dat Ockie Oosthuizen, gewese Bok voorry, oorlede is weens kanker.

Nag ou grote.