‘n Goeie reënseisoen vir Thabazimbi

Thabazimbi – Thabazimbi Fire Protection Association (TPFA) se rekords dui aan dat Thabazimbi tydens November ‘n allemintige 131mm reën gekry het.
Dit is ‘n geweldige toename op die 37mm van November 2018. Dit is die meeste reën aangeteken vir November in die laaste dekade.
TPFA se rekords vir November reënval vanaf 2011:
- 2011 - 28mm
- 2012 - 71mm
- 2013 - 34mm
- 2014 - 43mm
- 2015 - 54.5mm
- 2016 - 97.5mm
- 2017 - 59.5mm
- 2018 - 37mm
- 2019 - 131mm
