Community

AfriForum se Brits-buurtwag  verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

6 December 2019 · Platinum Bushvelder

AfriForum se Brits-buurtwag 
verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

Brits – AfriForum se Brits-buurtwag het op Vrydag 29 November in samewerking met die plaaslike gemeenskap polisiëring forum (GPF), Suid-Afrikaanse Polisie Dienste (SAPD) en Monitor Net aan dié burgerregte organisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie deelgeneem. Altesaam 40 voertuie het ‘n totale afstand van 834km afgelê.


AfriForum het op 30 Oktober ‘n nasionale projek geloods om polisiëring sigbaarheid oor die feesseisoen te verhoog. Misdaad sal na verwagting oor die feesseisoen toeneem; daarom wil AfriForum se buurtwagte ‘n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak en inwoners gerus stel en beveilig met hoë sigbaarheidsaksies.

“Sigbaarheid speel ‘n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp. AfriForum-buurtwagte sal daarom klem lê op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico. 


“Projekte soos dié bevorder samewerking tussen verskillende rolspelers. Gemeenskappe moet eienaarskap van hul eie veiligheid neem en die SAPD binne die raamwerk van die wet ondersteun om hul gemeenskap te beveilig,” sê Thys van Heerden, voorsitter van AfriForum se Brits-buurtwag.


Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).
AfriForum mediaverklaring, 4 Desember 2019