Community

Kyk dié brulpadda!

20 December 2019 · Platinum Bushvelder

Kyk dié brulpadda!

Thabazimbi – Die brulpadda of pyxicephalus adspersus is die nuutste toevoeging tot Reptile Incorporate se verskeidenheid reptiele en amfibieë.


Reptile Incorporate eienaar, Peet van Breda het die reuse padda in Kransberge gevind op Donderdag 21 November.

olgens Peet bly die paddas in feitlik enige savanna veld en selfs droë subtropies en tropiese struikvelde asook varswaterpoele wat meer konstant water het. Die mannetjies kan tot twee kilogram weeg terwyl wyfies kleiner is. Hul eet insekte, muise, reptiele en kleiner voëlsoorte. Wees maar versigtig want hulle het skerp tande en sal byt as hulle gepla word. Die wyfies lê eiers in die reën seisoen in groter poele, gewoonlik na ongeveer 65mm reën of meer.


Dit is egter onwettig om die amfibieë aan te hou tensy jy die nodige permitte het.
Gaan kuier gerus vir die reuse brulpadda by Reptile Incorporated op Marakele plot 38, Thabazimbi. Vir meer inligting kontak hulle op 079 897 5611. 
Hulle bied gereeld interessante gesprekke en aktiwiteite aan.

Reptile Incorporate eienaar, Peet van Breda en die reuse brulpadda.