Ls Thaba krieketmanne die beste in die provinsie!

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi is baie trots op hul eerste krieketspan. Hierdie jong manne is as Limpopo Provinsiale wenners vir groot skole gekroon.
Hulle het op 17 Oktober in die finaal teen Laerskool Tzaneen in Naboomspruit gespeel en díe span met 4 paaltjies gewen.
Wat hierdie wen nog meer spesiaal maak, is die feit dat beide Laerskool Thabazimbi sowel as Hoërskool Frikkie Meyer in dieselfde seisoen as Provinsiale Wenners gekroon is. Hierdie is werklik 'n geskiedkundige gebeurtenis!
