Christelike vrouekamp

Witbank – Dames! Maak Díe Verskil-kampe bied ‘n kamp tussen 18-20 Augustus 2017 aan te Chrisma Lodge in Witbank (eMalahleni). Die tema is “Liefde is...” en beloof om ‘n onvergeetlike belewenis te wees. Maak gerus ‘n nota in jou dagboek, want die besprekings vir die kamp is nou oop.
Maak Díe Verskil -kampe is nie ‘n kerk of denominasie nie en reik oor kerkgrense. Elke kamp het ‘n unieke tema – dus is elke kamp uniek.
“Die doel van ons kampe is toerusting vir ons wandel saam met die Here, sodat ons díe verskil vir God se koninkryk kan maak – waar Hy ons ook al plaas,” sê Torien Pieters, kampleier. “Jesus Christus is die middelpunt waarom elke kamp draai!” Hierdie is jou ‘my-tyd’-geleentheid om te kan stil word saam met Hom.
Vir verdere inligting besoek www.maakdieverskil.co.za of kontak Torien by 083-417 5692.
