Community

Help TAR om diere te help

Help TAR om diere te help

Thabazimbi – Daar is pragtige hondjies beskikbaar vir aanneming by Thabazimbi Animal Rescue (TAR).

TAR is ‘n organisasie wat na die welstand van diere in die Thabazimbi omgewing omsien. Die organisasie is nie winsgedrewe nie en verwelkom dus enige donasies om beter vir díe brakkies

te sorg.

Kontak hul op 084-885 6487, of besoek hul Facebookblad by https://www.facebook.com/tbzanimalrescue/. Die volgende hondjies is beskikbaar vir  aanneming:

 

Blaze, ‘n 4-maande oue wyfie (xras Min Pin) is baie spelerig en opsoek na ‘n liefdevolle huis. Blaze kom goed met ander diere en kinders oor die weg.

 

Brownie is ‘n 4-maande oue wyfie (ook ‘n xras Min Pin) en self ook liefdevol teenoor kinders en diere.

 

Chanel is ‘n 7-maande oue wyfie (xras) en het baie liefde om uit te deel. Sy kom goed met ander honde en katte, en selfs kinders, oor die weg.

 

Coco, ‘n 7-maande oue wyfie benodig ook ‘n liefdevolle gesin.

 

More local news