Schools & sport

Rugga Chunks

24 January 2020 · Platinum Bushvelder

Rugga Chunks

Sowat vyftig duisend toeskouers het hulle pad meegemaak na die FNB Stadion in Soweto om hul helde in aksie te kom sien.


Haaie vs. Stormers
In die eerste wedstryd van die dag het die Haaie teen die Stormers gespeel - en die Kapenaars het 21-19  gewen.


Die Haaie se voorspelers was baie goed in die eerste helfte met die gewese Cheetah Ox Nché wat die Beast se rol goed vertolk het en gaan saam Thomas du Toit ‘n paar ouens skrum dat hulle gaan knor ou grote.


Agterlangs vir die Haaie het die agterlyn getoon dat hulle meters van die veld gaan wen vanjaar. Mapimpi, Nkosi en Fassi was kookwater!


Die Haaie se cappie vir die 2020 superreeks is Lukhanyo Am, die Springbok senter.
Vir die Stormers was die buksie, Herschel Jantjies, die groot uitblinker op skrummie. Hy word ook beloon met twee puik drieë.


Daar was wel ‘n paar groot name afwesig vir die Stormers. Pieter-Steph du Toit en Frans Malherbe se afwesigheid was gevoel. Dan het die Bok cappie, Siya Kolisi nie sleg gevaar op agtsteman nie.


Leeus vs. Blou Bulle
Die Leeus se afrigter, Ivan van Rooyen, was nou nie juis beïndruk met die Jo’burgers se insinking in die laaste 20 minute van die wedstryd nie en Bulle het met 40-35 gewen.


Voorlangs was dit ‘n gelyke stryd maar die veteraan dr. Jannie du Plessis moes dalk liewers hospitaal diens gedoen het. Hy het maar swaar gekry in die vaste skrums.


Elton Jantjies het ‘n baie goeie wedstryd gehad en het die rol as cappie goed vertolk. Dan Kriel, tweeling boetie van Jesse Kriel, was op senter kookwater vir die Leeus.


Vir die Bulle het Cornal Hendricks vir sy eerste keer in die 13-trui nie te sleg gedoen nie. Na ‘n liederlike blaps met ‘n oop doellyn voor hom het hy minute daarna vergoed om die wen drie vir die Bulle te gaan druk. 


Die SA-spanne sal egter baie vinnig moet begin fokus om saam die groot honde te kan blaf in vanjaar se Superreeks.


Daan Human is aangewys as die Bokke se voorspeler-afrigter.
Die Blitsbokke is in Nieu-Seeland in aksie die naweek.
Nag ou grote...