Tekkie Tax tyd is hier

Thabazimbi – Soos ons almal weet is Januarie tot Mei die beroemde Tekkie Tax tyd.
Die SAVF vrywilligers werk hard om hemde en veters te verkoop sodat hulle, hul doelwit kan behaal.
Die gedeelte wat die SAVF van die Tekkie Tax kantoor af ontvang word ingebank in hul I care fonds.
Daardie fonds word gebruik om ouers te help met kinders wat arbeidsterapeute of soortgelyk nodig het en dit nie kan bekostig nie. Hul moedig die gemeenskap aan om asseblief betrokke te raak en te help om ander te help.
T-hemde vir kinders is R80 en volwassenes R100. Veters is R40 en Tekkie Tax-wapens is R10.
Die T-hemde en veters kan bestel word by die SAVF kantoor in Parklaan 5, Thabazimbi of skakel 014 777 1093.
