VLU Northam skop die jaar af

Northam - Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam het 2020 afgeskop op Donderdag 16 Januarie. VLU Northam voorsitter Riana Oosthuizen het die lede hartlik terug verwelkom en die jaarprogram bespreek.
Lede is aangemoedig om hul erfenis te koester en te bewaar.
Die tak verwelkom ook hul nuwe lede Lizelle Guba en Christelle Loots.
Onder leiding van skakelbeampte Chantell Steynberg het elke lid ‘n verjaarsdag kaartjie gemaak vir hul ‘spokie’ wat bederf sal word met ‘n handgemaakte geskenkie.
Om deel te wees van VLU Northam of vir enige ander inligting kontak gerus Chantell Steynberg op 061 326 2724.
