Schools & sport

HFM hou interhuis

31 January 2020 · Platinum Bushvelder

HFM hou interhuis

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het op Dinsdag 21 Januarie vet pret gehad tydens hul jaarlikse interhuis atletiek byeenkoms.


Toeskouers het op die punt van hul stoele gesit terwyl atlete krag gemeet het op die veld.
Die geesvang tydens die aangeleentheid was beslis iets om oor huis toe te skryf want die gejubel en juig kon selfs in die verste hoeke van Thabazimbi gehoor word.


Die witspan tree uit as die wenners van die atletiek katagorie.


Knap gedaan aan die volgende atlete met hul prestasies:

  • Beste junior seun baan - Kwena Moremudi
  • Beste junior seun veld - David Mokwena
  • Beste junior dogter baan - Kayla de Bruyn
  • Beste junior dogter veld - Chenell Fouché
  • Beste senior seun baan - Junior Mkhabela
  • Beste senior seun veld - Hennie Naudé
  • Beste senior dogter baan - Inneke Mulder
  • Beste senior dogter veld - Cara Pieterse
  • Victrix Lodorum - Cara Pieterse
  • Victor Lodorum - Kwena Moremudi
Die top atlete en organiseerders van die aangeleentheid.
Die dirigente vat ‘n vinnige breek voor hul weer die skare aanmoedig.
Ondersteuners het die tellingbord fyn dopgehou.