Community

Uit die hart van die Bosveld

31 January 2020 · Platinum Bushvelder

Uit die hart van die Bosveld

Northam - ‘n Trok van Kopano Boerdery het op Dinsdag 21 Januarie, die langpad Karoo toe met ‘n vrag vol voer aangepak. Die lusern is oppad om boere in die Karoo wat deur die droogte geteister word te help met voer vir hul vee.


Verskeie instansies het saamgespan om die skenking moontlik te maak. Baie dankie aan Kopano Boerdery eienaars Johan van den Berg, Hendrik van den Berg en Adam Markens asook Naas du Plessis, Ruan Beukes, Jacques Stevens, Willem van der Mescht en CF Pretorius wat almal bygedra het. 


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het Kopano Boerdery projek bestuurder Gert Byleveld gesê:

“Sonder die eienaars se toestemming, en almal se bydra sou dit nie moontlik gewees het om die boere by te staan nie.” 

Die trok was vol gelaai met 200 bale lusern, 200 bale gras, 4ton chop en 5ton gemengde voer.