HFM groet juffrou Rianda

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het op Donderdag 30 Januarie totsiens gesê aan juffrou Rianda van Rensburg.
Van Rensburg was nie net ‘n leerder van HFM nie maar ook onderwyseres vir 32 jaar by die skool.
Sy was werksaam in die ekonomiese departement waar sy verskeie jare rekeningkunde vir Graad 8 en 9 leerders gegee het. Vir baie jare het sy bedryfsekonomie en besigheidstudies vir die senior leerders aangebied.
Sy is ‘n vrou met passie, entoesiasme en ‘n riem onder die hart vir almal wat haar ken. Van Rensburg is ‘n mens wat haar werk altyd deeglike gedoen het en op tyd klaargemaak het met moeite en sorg. Eienskappe wat leerders inspireer en waardeer het.
Beste wense vergesel jou met jou nuwe seisoen!
