OEFEN IS MEDISYNE [Skrywe aan die Redakteur]
![OEFEN IS MEDISYNE
[Skrywe aan die Redakteur]](/img/articles/OEFEN-IS-MEDISYNE.png)
Só sluip die ouderdom nader met elke tik van die sekondewyser. Saam met elke tik kom daar nuwe skete en pyne by, en die lewe is maar moeilik. Selfs die emosies raak ‘n wipplank-ryery soos die lewe aanloop.
Prediker in die Bybel beskryf ouderdom in Prediker 12:3 “Dit is die tyd wanneer die wagters van die huis sal bewe, die sterk manne waggel en die malers ophou maal omdat hulle min geword het, die tyd wanneer dit donker word vir dié wat deur die vensters kyk,”
Só word ons ouer en dan pak die vrees jou as die aand aanbreek – en jy vrees die nag se slaap. Jig pyn, rumatiek, slapeloosheid, pyne en skete slaan dan juis toe as jy lekker wil rus. Soggens staan jy kraakvars op en alles kraak... Kniekoppe, rug en alles wat kan beweeg.
Ons lewens kan anders wees as ons so bietjie aandag aan die ou lyf gee. Bietjie gesonder kosse eet, meer water drink, beter dink oor die lewe en ‘self talk’ waarmee jy jouself motiveer om positief na jouself en almal om jou te kyk.
Die beste raad vir liggaam en siel is om te oefen. Dit laat energie vry wat die gedagtes stimuleer en die lewenskwaliteit net ‘n bietjie beter maak. Paulus sê die liggaamlike oefening het weinig nut, maar dit het wel nut. Dit verbeter die bloedsomloop en voed die spiere.
Oefen is medisyne en verbeter jou lewensgehalte. As jy ‘n bedrywige siel is sal jy lekker slaap.
Groetnis,
Oom Mamba
