Community

‘n Vol program by die KunsteGrot

14 February 2020 · Platinum Bushvelder

‘n Vol program by die KunsteGrot

Thabazimbi – KunsteGrot het ‘n opwindende, vol program vir die komende maande.
Bespreek vroegtydig jou kaartjies en bring die hele familie saam. 


Op 14 Maart sal Chanie Jonker en Jannie du Toit op die KunsteGrot verhoog wees met  Die eggo van jou oë.


Doringdraad duwwels, Mari van Jaarsveld, Heleen van Schalckwyk en Yolandé Strauss kuier op 18 Maart by die KunsteGrot.


Lizz Meiring en Wynand von Vollenstee beloof ‘n aand gevul met skaterlag in Non met vakansie wat op 2 Mei op die planke sal wees.


Die talentvolle Rivo Toneel sal op 15 en 16 Mei in die Die kat kom weer te siene wees en op 4 Junie sal Ruhan du Toit musiekliefhebbers vermaak.


Skakel Rita Volschenk op 083 744 8559 vir meer inligting.