Endia kuier in Thabazimbi

Thabazimbi- Endia ‘n bekende Latviese sangeres, tree op Saterdag 22 Februarie in Nederduitse Gereformeerde Kerk, ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom op.
Endia, wat self sonder ‘n ma moes grootword, het ‘n baie sagte plekke vir dié kinders.
Dit is hartseer wanneer Kerstyd nader kom en van die kinders skryf briefies, vir Kersvader.
Een kind het geskryf: “Liewe krismisvader, kan jy groot asseblief vir my ‘n nuwe tandeborsel bring”. Ander het gevra vir ‘n blikkie gekondenseerde melk, of bietjie ‘airtime’ om hul ouers te bel om te hoor hoe dit gaan.
Die fondse wat ingesamel word sal aangewend word vir noodsaaklike uitgawes en miskien is daar ‘n bietjie ekstra vir ietsie lekkers om te eet.
Sy kuier vir die naweek in Thabazimbi, waarna sy ‘n toer deur Suid-Afrika gaan doen, ten bate van die Cancer Association of South Africa.
Die vertoning begin om 18:00 en sy gaan net ligte klassieke musiek sing, sy is ook ‘n bekende opera sanger.
Toegang beloop R100 per persoon en laerskoolkinders en pensioenarisse betaal slegs R50. Kaartjies sal die aand by die deure beskikbaar wees. Sondag sal Endia, tydens Dwaalboom se Erediens op 09:00 ook ‘n gewyde lied of twee sing.
014 772 2270.
