SASPO voer nou uit na Botswana

Rustenburg - Piet Strydom ‘n gemeenskaplid van Thabazimbi en lid van die Rustenburg Pluimvee klub het die klub se trofeë vir persoonlikheid van die jaar ingepalm.
Strydom het dit moontlik gemaak vir lede van die Suid Afrikaanse Skou Pluimvee Organisasie (SASPO) om hoenders na Botswana uit te voer.
Dit het ‘n paar maande geneem voordat alles in plek geval het. Botswana se vorige minister van landbou, Braam de Graaff, sy kollegas, verteenwoordigers, ‘n staatsveearts en ook ‘n veearts van Limpopo se Departement van Landbou het self Strydom se hokke besoek.
Daar is toestemming gegee dat pluimvee na Piet se hokke vervoer kan word voor hul na Botswana uitgevoer kan word.
Die Rustenburg se pluimveeklub het op Saterdag 16 November 2019 hulle jaarafsluiting in Rustenburg aangebied, terselfdertyd is ‘n nuwe bestuur ook gekies.
Dawie Snyman is a voorsitter aangewys, Hanri Coetzee as sekretaresse, Jannie du Bruyn as ondervoorsitter en John Turnball as skou fasiliteerder.
Die Rustenburg klub is in 1986 met 8 lede gestig, vandag spog hulle met 39 lede, wat baie aktief betrokke is by baie skoue. Hul het lede van Rustenburg, Thabazimbi, Lichtenburg, Koster, Zeerust, Magaliesburg, Krugersdorp en ander naby geleë pluimveeboere.
Jaarliks skenk SASPO ongeveer R1 van elke pluimveeringe wat aangekoop word vir welsynsorganisasies om so weer terug te ploeg in die gemeenskap. Verlede jaar is daar amper ‘n miljoen ringe verkoop.
