Schools & sport

Week 3 van 2020 Superugby

21 February 2020 · Platinum Bushvelder

Week 3 van 2020 Superugby

Blues vs Crusaders
In Auckland klop die Saders die Blues op hul tuisveld 25-8. Dit was glad nie ‘n mooi wen nie, maar coach Scott was tevrede met die comeback na hulle neerlaag teen die Chiefs. Die Saders speel volgende teen die Highlanders in Christchurch.
Die Blues reis Suid-Afrika toe om teen die Bulle op Fort Loftus uit te draf.


Rebels vs Waratahs
Die Waratahs se nagmerrie-seisoen duur voort en verloor vir die eerste keer teen die Rebels 24-10. Die Aussie cappie, Michael Hooper, het die kapteinskap opgegee aan die begin van die seisoen vir die Tahs, en dit was dalk ‘n voetfout ou grote.


Die Tahs het gelukkig ‘n loslootjie vir week vier en kan dan die stukke weer probeer optel in ‘n droewige 2020 seisoen tot dusver.
Die Rebels speel tuis in Melbourne teen die Haaie.

Sunwolves vs Chiefs
Die Japanese Wolwe het moedig probeer voor ‘n groot skare maar die Chiefs was net een te veel en wen hierdie aanskoulike game 43-17 in Tokio. 
Die Wolwe reis Australië toe om teen die Reds in Brisbane te gaan uitdraf. Die Chiefs gaan teen die Brumbies in Hamilton uitdraf.


Hurricanes vs Haaie
Die Canes het getoon dat hulle nie sommer moet afgeskryf word nie ou grote. Na ‘n moeilike toer in SA en Argentinië toe, behaal hulle ‘n klinkende oorwinning oor die Haaie en wen 38-22 in Wellington. Die Haaie moes sonder Curwin Bosch klaarkom en die groentjie Boeta Chamberlain is ingespan vir die een maar moes die veld na slegs tien minute verlaat met harsingskudding. Die ewe jong reserwe skrummie, Sanele Nohamba, moes toe noodgedwonge op losskakel diens doen.
Die Canes het volgende ‘n loslootjie terwyl die Haaie Melbourne toe moet reis om teen die Rebles uit te draf.


Brumbies vs Highlanders
In Canberra verloor die Brumbies dramaties 23-22 teen die Highlanders. Die Brumbies haker, Folau Fainga’a, het ‘n droom-game en sy drie drieë was steeds nie genoeg om die game te wen nie. Nog ‘n hoogtepunt vir die Brumbies was die verskyning van ‘n agtienjarige skoolseun, Reesjan Pasitoa. Die seun is 1.83m en weeg 98kg. Fris vir ‘n losskakel ou grote. Die Brumbies moet volgende teen die Chiefs in Hamilton gaan uitdraf met die Highlanders wat teen die Crusaders in Christchurch loop speel.


Leeus vs Stormers
In ‘n riller slaag die Kapenaars daarin om ‘n moedige Leeuspan 33-30 te klop ou grote. Ruhan Nel, gewese Blitsbok, druk die wendrie in die 83ste minuut. Hartverskeurend maar waar, so leer mens om tot die eindfluitjie blaas te fokus maat.
Die Kapenaars het ook hard teruggekom na planeet aarde toe. Die Leeus se nuwe cappie, Elton Jantjies, het dalk sy beste game ooit gespeel en het die hoogaangeskrewe Damian Willemse ore aangesit op die dag se spel.
Die Jo’burgers het in week vier ‘n loslootjie. Die Stormers moet teen die Jaguares in Kaapstad uitdraf.
 

Jaguares vs Reds
In Buenos Aires moes die Argentyne hard werk vir ‘n oorwinning. Met halftyd loop hulle 12-24 agter, maar speel kookwater ruggas in die tweede helfte om met 43-27 as oorwinnaars van die veld af te stap.
Die Jaguares moet SA toe reis om teen die Stormers in Kaapstad te gaan uitdraf en dit beloof om ‘n riller te wees ou grote.
Die Reds gaan in Brisbane teen die Sunwolves speel.
Nag ou grote...