Kom ons maak die sirkel groter

Thabazimbi - Tekkie Tax tyd is om die draai. Vrydag, 29 Mei, is die dag waarop jy vir die res van die land kan wys waar jou hart lê.
Tekkie Tax het reeds huishoudelike status bereik en is een van die belangrikste datums op die Suid-Afrikaanse kalender. Dis so maklik soos A, B, C, D, en E om deel te neem!
Daar is vyf sektore:
A – Allerhande diere
B – Bring Hoop
C – Cool kinders
D – Dienslewering aan mense met gestremdhede
E – Essensiële onderwys
Hierdie jaar maak ons die sirkel groter met ons een vir almal en almal vir een plakker! Jy kan ook vir jou Tekkie Tax-wapens kry en op jou baadjie of tas vasspeld. Ons Tekkie Tax skoenveters is hierdie jaar baie uniek en daar is twee kleure t-hemde om van te kies.
Tekkie Tax se nasionale organisasies vir 2020 sluit verskeie diere beskermings bereniging-takke en ander dieresorg organisasies, SAVF, Families SA, Lifeline SA, verskeie kindersorg en ander kinderbeskerming organisasies, Epilepsy SA, Down Sindrome SA en die Cancer Association of South Africa in.
Tekkie Tax geniet die ondersteuning van verskeie media huise, maatskappye, bekendes en duisende individue. Ons hoop om jou naam op die lys by te voeg. Meer afsetpunte sal binnekort aangekondig word.
Vir meer inligting kontak SAVF Thabazimbi op 014 777 1093 of Christelle Barnard op
0842 1818 20 of
Annali Connear op
064 305 0569.
