Community

VLU Strewe tak beplan 2020

21 February 2020 · Platinum Bushvelder

VLU Strewe tak beplan 2020

Strewe - Die dinamiese Vroue Landbou Unie (VLU) Strewe-tak het op Dinsdag 4 Februarie hul 2020 beplanningsvergadering gehou. Die was ‘n wonderlike byeenkoms waar lede saam beplan het aan die projekte en uitdagings wat die jaar se program inhou.


Alle lede sien uit na ‘n opwindende 2020.
Indien jy wil deel wees van die inspirerende en kreatiewe groep vrouens, skakel Ilna Schutte by 082 774 8803.

Foto van links: Daleen van der Merwe, Karin Pieterse, Riekie Potgieter, Erica Welgemoed en Ilna Schutte.