2017 Curriebeker Finaal: Sharks vs WP

WP jou lekke ding! Die Kaap is weer Hollands en honderde liters wyn sien hulle bodems. Die WP klop die Sharks in die Haaitenk en word gekroon as die 2017 Curriebeker Kampioene, en welverdiend ou grote!
Die Haaie het die eerste helfte die pas aangegee. Odwa Ngubani speel in sy 250ste game vir die Sharks en word beloon met ‘n prag drie. Odwa tree nou uit ruggas uit en is ‘n legend in Natal.
Die Haaie het met rustyd 21-15 voorgeloop ondanks die feit dat hulle swaar geleef het in die vaste skrums. Inteendeel, die eerste skrum het die WP die Haaie omgedop ou grote. Die swaargewig geveg tussen Wilco Louw en Thomas du Toit is deur Louw met ses uitklophoue gewen. Du Toit is oorheers deur Louw.
Agterlangs was die agterlyn van die Kapenaars ook meer giftig en honger om te wen. Robert du Preez kan homself ongelukkig ag om nie in die Bokgroep te wees vir jaareinde toer in Europa nie. Die Haai losskakel, Curwin Bosch het agt waardevolle punte gemis wat dalk die verskil tussen wen en verloor was. Welgedaan WP!
Nag ou grote… vir 2017!
