Community

VLU se Crazy Kwilts

21 February 2020 · Platinum Bushvelder

VLU se Crazy Kwilts

Northam - Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 13 Februarie, vergadering gehou te Swartklip. 


Annette Botha het ‘n baie leersame Crazy Kwilts werkswinkel aangebied en al haar kennis met die lede gedeel. Vir tuiswerk het die lede kerrieboontjies gemaak en Celia Goosen en Mari Meintjes het dit beoordeel. 


Goosen het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die regte riglyne met die lede te deel. VLU Northam se volgende vergadering is 5 Maart waar daar ‘n hardanger borduur werkswinkel deur Mari Meintjes aangebied sal word. 


Om deel te word van die VLU Northam-tak of vir enige navrae skakel Chantell Steynberg op 061 326 2724.

Annette Botha demonstreer Crazy Kwilt.
Mari Meintjes (links) en Celia Goosen beoordeel die kerrieboontjies.