Die bosveld kuier saam rugby legendes

Thabazimbi - Hoërskool Frikkie Meyer (Frikkies) het op Vrydag 21 Februarie ‘n suksesvolle Aand van Legendes aangebied.
Die kaartjies vir die aangeleentheid is reeds vroeg uitverkoop en almal was baie opgewonde om die aand saam met die gassprekers Bakkies Botha, Daniel Gerber, Ampie le Roux, Moaner en Wikus Van Heerden te kuier.
Tydens die aand is twee truie wat deur Joost Van Der Westhuizen geteken is opgeveil. Legendes, oud-Frikkies en HFM-familie het almal heerlik saam gekuier.
