Ysterberg voortrekkers bederf personeel met melktert

Thabazimbi – Op 27 February met melktert dag het die Ysterberg voortrekkers besluit om Laerskool Thabazimbi se personeel te bederf met melktert.
Hul penkoppe en drawwertjie leiers, Ettiëne Pieterse en Jarianca du Plessis het aan die skoolhoof Koos Venter ‘n melktert oorhandig ter viering van die dag.
Hulle wil graag dankie sê vir elke een van die ouers en offisiere se bydrae tot die suksesvolle oggend, Danie Naudé, Karin Naudé en Ronelle du Plessis.
