VLU takke vergader saam

Northam - Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam tesame met Strewe en Zonneblom het op Donderdag 5 Maart vergadering gehou.
Tydens die vergadering het Mari Meintjes ‘n hardanger borduur werkswinkel aangebied waar verskillende steke en patrone gedemonstreer is asook die spesifieke borduurgaring wat gebruik moet word.
Celia Goosen het die lede se tuisgemaakte gemmerbrode beoordeel.
Die takke is baie opgewonde vir die konferensie van 11 Maart te Bordeaux en 13 lede beplan om die konferensie by te woon.
Om deel te wees van VLU Northam of as daar enige navrae is, kontak vir Chantell Steynberg 061 326 2724.
