Thabazimbi – Daar is pragtige hondjies beskikbaar vir aanneming by Thabazimbi Animal Rescue (TAR).
TAR is ‘n organisasie wat na die welstand van diere in die Thabazimbi omgewing omsien. Die organisasie is nie winsgedrewe nie en verwelkom dus enige donasies om beter vir díe brakkieste sorg.
Die volgende hondjies is beskikbaar vir aanneming:
Bangjan, reun xmin pin, 2jr oud. Vandat Bangjan by TAR aangeland het, het hy al heelwat selfvertroue begin terugwen. Hy kort aandag en liefde. Hy sal baie goed met kinders oor die weg kom van enige ouderdom.
Bobby, wyfie xbreed, 4jr oud. Sy is oorgeteken omdat haar eienaars geweier het om haar van ‘n ketting af te haal. Sy het een van haar ogies verloor, maar is baie liefdevol, maar nie baie goed met ander honde nie.
Mamma Bok, wyfie, minpin, 2jr oud. Sy het baie aandag en liefies nodig. Sy was in die strate van Thabazimbi gevind, en kom baie goed oor die weg met ander troeteldiere.
Seuna, Fox Terrier reun, 3jr oud. Hy soek ‘n liefdevolle gesin. Hy is op en wakker en spelerig.