Churches & NGOs

Gaan help gerus by Safe Haven Setaria

20 March 2020 · Platinum Bushvelder

Gaan help gerus by Safe Haven Setaria

Setaria - Safe Haven in Setaria is ‘n veilige hawe vir wegloop troeteldiere. Hier neem hulle die diere in en versorg hul tot hulle nuwe huise kan kry.


Christel Steenkamp bestuur Safe Haven al vir vyf jaar. “In die begin was dit regtig baie moeilik. Maar gelukkig het ek mettertyd hulp van die myn ontvang om die hokke mooi op te knap en hulle voorsien ook meeste van die kos vir die diere.

Ek wil vreeslik graag kinders ook betrek met die versorging van die diere. Die kinders sal dit baie terapeuties vind, en dit sal hulle leer om mooi na hulle diere by die huis te kyk.

Vir my is dit ‘n roeping van God maar ek benodig regtig nog hande wat my kan help om na die diere om te sien,” sê Steenkamp.

Die pragtige karnallie is beskikbaar vir aanneming.
Safe Haven bestuurder Christel Steenkamp.