VLU Strewe-tak hou konferensie

Strewe - Die Vroue Landbou Unie (VLU) Strewe-tak het op Woensdag 11 Maart konferensie gehou by Bourdoux Wedding Farm in Thabazimbi. Die VLU Beauty-tak was die gasvrouens vir die geleentheid.
Dit was ‘n fantastiese oggend waar Gerrie Jordaan die dames toegespreek het oor hul tema vir die jaar – koester en bewaar.
Baie geluk aan Erica Welgemoed wat ‘n prys ontvang het vir die hoogste totaal in breiwerk tydens die konferensie.
