Zonneblom VLU byeen

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak het op 17 Oktober hul maandelikse vergadering gehou te Setaria by Gerda Smit, skakelbeampte en gasvrou van die geleentheid se woning.
Die groep is in besonder opgewonde oor die opkomende konferensie wat te Setaria gehou sal word, waarvan Zonneblom die gasvrou tak is.
Vir enige navrae skakel Gerda Smit gerys by 083-291 3666.
