Ls Koedoeskop gholfdag ‘n reuse sukses!

Thabazimbi – Op Saterdag, 4 November, het die bosveldmense weer lekker stok geswaai by Laerskool Koedoeskop se gholfdag gehou by die Amandelbult Gholfklub.
Die dag het baie pret vir die hele gesin ingesluit; terwyl mamma gepamperlang was het die kleingoed op die spring kastele en waterwurms baljaar of selfs ‘n rondte of twee put-put speel – dit alles terwyl pappa gewys het van watter staal hy gemaak is op die gholfbane.
‘n Heerlike ete is na die dag se verrigtinge bedien.
Laerskool Koedoeskop sowat R20 000 tot R25 000 ingesamel gedurende die gholfdag.
Die wenners van hierdie dag is as volg:
- Eerste plek : Hugo du Toit en Ronaldo du Toit (met 56 punte)
- Tweede plek: Adrie Fourie en Werner Breytenbach
- Derde plek: Stefanie Snyman en Lene Camphor
Ook ‘n hartlike geluk aan die wenners van die Put-Put kompetisie: Claudia Geyser, Marionè de Beer en Markus van der Westhuizen.
Die skool bedank die komitee, al die borgskappe, almal wat ‘n bydrae gelewer het met die Rooibok karkasse, donateurs van die pryse en almal wat enige bydrae verder gelewer het, om hierdie dag ‘n sukses te maak.
‘n Groot dank aan die komitee: Juffrou Geraldine (pryse, borge, administrasie), Coenie de Beer (hope pryse en borgskap), Gert en Elzet de Beer (kaste bier vanaf SAB, gasbraaier, vlakvarke x2, vleispakkies, hout). Spesiale dankie aan Marthinus en Lizelle van der Westhuizen wat 80% van die dag se reëlings, inskrywings, borge, pryse ens behartig het. Julle is staatmakers!
Borgskappe het ingesluit: Mamba Cement R 5000 (Roy Steward); Neu Matics SA; Thabazimbi Ford; NHR en Betterdics; Scott Denton van Setaria Spar vir 100 Boereworsrolle vir ons halfweg en vir Setaria Rec Klub vir die bykosse. Baie dankie!
Dankie vir die Rooibok karkasse: Tiaan Riekert, Swys Furstenburg (penkop), Awie Myburgh en Ehlers Boerdery. Donateurs van pryse sluit in: Lynette van Northam Toyota vir die 2de plek se “kampers”, Letitia en Dirk van Buco Thaba; Jaco van Kransberg Motor Spares; Thaba Boog en Hengel; en Autozone.
‘n Groot dankie aan die Koedoe personeel wat ‘n lang en warm dag deurgestaan het vir die skool.
